- magdaleen@senbel.co.za
- 106 Saffierstraat, Orania, 8750
0
+
Dit is belangrik om te verstaan dat Senbel ‘n passie het vir die diens wat ons lewer en daarom vir jou toegevoegde waarde sal lewer. Ons kyk anders na die data wat ons ontvang. Ons besef dat dit in baie gevalle ‘n organisasie se waardevolste bate is. ‘n Tevrede lid beteken vir ons soveel as wat dit vir jou organisasie beteken.
Vir twaalf jaar lank het Senbel hoofsaaklik daarop gefokus om organisasies te help om hulle ledebasis uit te bou. Dit het onlangs vir ons duidelik geword dat dit belangrik is om daardie nuwe lid gelukkig en tevrede te hou en hom nie te verloor nie. Om dit reg te kry moet ons elke lid ken en verstaan. Ons moet aan elkeen se verwagting voldoen en hom lief maak vir die organisasie of diens. Op daardie manier word hulle getroue volgenlinge en jou volgende werwer of adverteerder.
Senbel verstaan waarom verslae vir ‘n organisasie belangrik is en strewe daarna om verstaanbare en volledige verslae vir bestuursdoeleindes saam te stel.